Friday, 28 September 2012

KERK BLAPSIES


  • Dames, moenie die krap-en-koop aand vergeet nie.
    Dis ook jou kans om van al die onnodige goed in jou huis ontslae te raak. Onthou om jou man saam te bring.
  • Die interkerklike vredesberaad is gekanselleer weens sinodale konflik.
  • Moenie dat bekommernis jou doodmaak nie. Laat die kerk help.
  • Die koste vir bywoning van die gebed- en vas-konferensie sluit die koste van die etes in.
  • Vanoggend se erediens handel oor "Ons Redder loop op die Water". Vanaand se preek: "Waar is ons Redder?"
  • Me Charlene Mason van die Metodiste gemeente het vir ons "I will not pass this way again" gesing, wat ons almal groot vreugde verskaf het.
  • Volgende Donderdag is daar oudisies vir die kerkkoor. Kom gerus as jy niks aan het nie.
  • Barbara is nog in die hospitaal vir bloedoortappings. Sy sukkel om te slaap, en het kassette van Ds. Giel se preke gevra.
  • Die dominee gaan sy afskeidspreek lewer, waarna die koor gaan sing "O blye dag".
  • Klaas Buitendag en Debbie Prinsloo is op 3 Oktober getroud. En so eindig 'n mooi vriendskap wat in hul skooljare begin het.
  • 'n Boontjiesop-aand gaan in die kerk se lapa gehou word. Bring 'n baadjie saam ingeval dit winderig en onplesierig raak.
  • Die onderwerp van Maandagaand se gemeentebiduur is:
    "Die hemel, hoe kan jy daar kom?" Vervoer vertrek om 19:00 van die bushalte oorkant die ouetehuis.
  • Die lae selfbeeld-ondersteuningsgroep vergader Donderdagmiddag om 15:00 in die sysaal. Gebruik asseblief die agterdeur.
  • Die Weight Watchers-groep vergader Donderdag om 14:00 in die saal. Gebruik asb die dubbeldeure by die sy-ingang.


No comments:

Post a Comment