Share Your Thoughts...

6 comments:

  1. Hallo al ons gemeente boeties en sussies, ons verlang baie hier uit die noorde uit. Ons hoop om hierdie jaar te kom kuier en tyd saam te spandeer. God se seen vir julle en kom kuier gerus, my pastoor of sy ouderlinge het nog nie hier huis besoek gedoen samm met hulle vrouens nie. Blessings Kuzaan en Clarien

    ReplyDelete
  2. Hi almal,ons het Sondag sulke wonderlike dienste gehad dat ek voel om "n kort opsomming te maak van dit en miskien julle terugvoering kan kry oor wat die Here op julle harte gesit het,so asseblief chat saam.

    Sondag oggend se tema was - 'N LEWE WAT GOD BELOON!

    Vir die eerste keer het ek besef,alles wat ons vir God doen sonder om 'n vergoeding terug te verwag is 'n geleentheid vir die Here om ons weer te kan bless 100 voudig. Maar as ons 'n vergoeding terug verwag hoe kan die Here ons dan bless!
    Lukas 14:12-14
    Markus 6:2
    Joh 7:16
    Bogenoemdes het gegaan oor die "Party Connection / Verbintenis"

    Lukas 6:22-23 - "Die Vervolgings Verbintenis"
    Pastoor het so 'n mooi voorbeeld gebruik - As iemand jou van jou kar beroof,wat is jou reaksie?

    In bogenoemde vers se Lukas dat ons moet bly wees en opspring want ons Beloning sal groot wees in die Hemel. God beloon ons vir dit wat ons vir Hom doen,en ons sal "Amazed" wees wanneer ons dit ontvang.

    Matt 16:27 - "Die Uitgestelde Verbintenis"
    God sal ons vergeld volgens ons dade!

    En ons sluit af met 'n vers uit Openbaring 22:12-13 "En kyk,Ek kom gou,en my loon is by My,om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. Ek is die Alfa en die Omega,die begin en die einde,die eerste en die laaste." Alles het begin by God en alles sal eindig by God!

    God's Truth is - Everything you do today has a direct impact on your eternity!

    Hoop julle het dit geniet en asb ons waardeer julle terugvoering!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die Pastoor was weer op sy stukke! Die Here is awesome om so op die regte tyd, die regte Woord vd gemeente te gee.

      Delete
  3. Sondag oggend diens!
    Hi julle, kan nie glo dis alweer naweek nie. God se genade is so groot en ek se dit met soveel dankbaarheid in my hart.

    Sondag is om die draai en ons hoop om julle almal te weer te sien. Ons tema vir Sondag oggend is....

    "THE SIX EVENTS OF YOUR FOREVER LIFE. WHAT WIL HAPPEN TO YOU FROM NOW TO FOREVER"

    Most of us think of death as an end, but it is only the beginning of your forever life. When you learn that the choises you make now directly impact your experience in eternity, you may begin to think about life a whole new way.

    Sien julle almal Sondag oggend 08:30, en 'n geseende naweek.

    ReplyDelete
  4. Thought for the day!
    Don't be overly concerned about what other people think of you because it is what you think of yourself that matters the most anyway! Geniet 'n wonderlike dag verder!!!

    ReplyDelete
  5. Oggend diens - 12 Feb
    Vir my is die laaste paar dienste so awesome, en ek wens / hoop dat meer mense die wonderlike boodskap kan ontvang. En ek moedig almal aan om dit nie te mis nie. Hoop julle geniet die notules en onthou julle kan ook die CD van die diens bestel by die kerk!!!!

    Boodskap - 'n Lewe wat God beloon / A life God rewards:

    Ons is gebore om vir ewig te lewe en ons is net tydelik op aarde sodat ons die ewigheid kan betree. Maar alles kan in 'n oogwink (in a Blink of an Eye) ook verander. Wat gaan gebeur as jy nou sou sterf??????

    Pastoor PW het uit Ps 90:10-12 gepraat en daarin het ons geleer dat die dae van ons jare 70 is of as ons sterk is 80. En sodoende moet ons leer om wysheid te bekom.

    Daar is 6 gebeure van jou ewige lewe wat gaan gebeur van nou tot in ewigheid en ons lewe is nie lank nie, dis maar net 'n PUNT!!!!

    Gebeurtenis 1: LEWE
    As jy nog lewe is dit God se wil. As ons nie met wysheid operate nie, compromise ons met ons lewe. Ons moet wysheid bekom.
    Lees - Gen 1:27

    Gebeurtenis 2: DOOD
    Wanneer ons dood gaan sal ons ons fisiese liggaam verlaat, en sodoende die ewigheid ingaan. Ons liggaam bly agter,maar ons gees gaan op. Dood is EENMALIG!Lees - Heb 9:27 en Jak 2:26

    Gebeurtenis 3: BESTEMMING
    Daar is net 2 bestemmings vir wanneer ons sal sterf - HEMEL of HEL!!! EN ons sal ewigheid deurbring saam met die Here in die Hemel of sonder die Here in die Hel.
    Joh 14:2-3 - Die Here berei ons wonings vir ons
    Matt 25:41 - Die ewige straf en Matt 25:46 - Die ewige lewe.

    Gebeurtenis 4: OPSTANDING
    As jy dood gaan verlaat jy jou fisiese liggaam en verkry jou opgewekte en onverganklike liggaam.
    Joh 5:28-29
    Lees 1 Kor 15 - Handel oor die Opstanding.

    Gebeurtenis 5: BELONING
    Ons verkry ons beloning of straf volgens ons werke op aarde! Ons moet ook onthou dat daar ten alle tye notule in die Hemel geneem word van alles wat ons dink, doen, se, ens.
    Fillipense 3:20-21 & Open 20:12-14

    2 Kor 5:10 se: "Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad."
    Kinders van die Here verskyn voor die Regterstoel en nie die Wittroon Oordeel nie.

    Gebeurtenis 6: EWIGHEID
    Hierdie was so mooi gestel vir my.

    Leef volgens jou beloning verewig in die Teenwoordigheid of die Afwesigheid van die HERE.
    As jy enige veranderinge in jou lewe wil doen of regmaak, doen dit NOU want sodra jy die ewigheid betree gaan daar nie meer tyd wees om dit te doen nie.

    Ons is nou besig met die eerste dinge. Doen wat God jou gee om te doen in die stukkie tyd wat Hy jou gee. Dit sal bepaal wat jy in ewigheid gaan ontvang. Gaan dit LOON of STRAF wees. BELONING is die HEMEL en STRAF is die HEL!!!

    ReplyDelete