Alles pyn, wat nie pyn nie, werk nie.
Die glinster in jou oog, is die sonlig op jou dubbellens bril.
Jy voel soos die oggend daarna, behalwe jy was nerens heen nie.
In jou afspraakboek begin al die name met Dr ........
Jy raak uitasem van kaartspeel.
Jou kinders begin vir jou middeljarig lyk.
Jy ken al die antwoorde, maar niemand vra jou nie.
Jy sien uit na `n vervelige aand tuis.
Jy het `n bril nodig, om joune te soek.
Jy skakel die lig af om te bespaar, nie omdat jy romanties raak nie.
Jou neus loop, maar jou bene wil nie.
Jou huis raak te groot en jou medisynekas te klein.
Jy vat `n lekker hap aan `n biefstuk, en jou tande bly agter.
Jou verjaarsdagkoek sak inmekaar onder die gewig van al die kersies.
No comments:
Post a Comment