Die inspekteur kom by die skool en vra vir die juffrou of hy vir die klas vrae kan vra om hul godsdienskennis te toets.
Inspekteur: "Wie het die muur van Jerigo laat breek?"
Jannie: "Dit was nie ek nie Meneer."
Toe roep die inspekteur die juffrou eenkant toe en vra haar oor Jannie se antwoord.
Juffrou: "Jannie is baie eerlik. As hy se dit was nie hy nie, dan glo ek hom."
Die inspekteur gaan toe onthuts na die die hoof toe.
Hoof: "Dis `n eerlike juffrou. As sy Jannie glo, dan is dit so."
Uit radeloosheid skryf die inspekteur toe vir die minister van onderwys oor die situasie.
Die minister antwoord:
"Kry drie kwotasies, dan kry ons `n kontrakteur om die muur weer op te bou."
No comments:
Post a Comment