Vir my is die laaste paar dienste so awesome, en ek wens / hoop dat meer mense die wonderlike boodskap kan ontvang. En ek moedig almal aan om dit nie te mis nie. Hoop julle geniet die notules en onthou julle kan ook die CD van die diens bestel by die kerk!!!!
Boodskap - 'n Lewe wat God beloon / A life God rewards:
Ons is gebore om vir ewig te lewe en ons is net tydelik op aarde sodat ons die ewigheid kan betree. Maar alles kan in 'n oogwink (in a Blink of an Eye) ook verander. Wat gaan gebeur as jy nou sou sterf??????
Pastoor PW het uit Ps 90:10-12 gepraat en daarin het ons geleer dat die dae van ons jare 70 is of as ons sterk is 80. En sodoende moet ons leer om wysheid te bekom.
Daar is 6 gebeure van jou ewige lewe wat gaan gebeur van nou tot in ewigheid en ons lewe is nie lank nie, dis maar net 'n PUNT!!!!
Gebeurtenis 1: LEWE
As jy nog lewe is dit God se wil. As ons nie met wysheid operate nie, compromise ons met ons lewe. Ons moet wysheid bekom.
Lees - Gen 1:27
Gebeurtenis 2: DOOD
Wanneer ons dood gaan sal ons ons fisiese liggaam verlaat, en sodoende die ewigheid ingaan. Ons liggaam bly agter,maar ons gees gaan op. Dood is EENMALIG!Lees - Heb 9:27 en Jak 2:26
Gebeurtenis 3: BESTEMMING
Daar is net 2 bestemmings vir wanneer ons sal sterf - HEMEL of HEL!!! EN ons sal ewigheid deurbring saam met die Here in die Hemel of sonder die Here in die Hel.
Joh 14:2-3 - Die Here berei ons wonings vir ons
Matt 25:41 - Die ewige straf en Matt 25:46 - Die ewige lewe.
Gebeurtenis 4: OPSTANDING
As jy dood gaan verlaat jy jou fisiese liggaam en verkry jou opgewekte en onverganklike liggaam.
Joh 5:28-29
Lees 1 Kor 15 - Handel oor die Opstanding.
Gebeurtenis 5: BELONING
Ons verkry ons beloning of straf volgens ons werke op aarde! Ons moet ook onthou dat daar ten alle tye notule in die Hemel geneem word van alles wat ons dink, doen, se, ens.
Fillipense 3:20-21 & Open 20:12-14
2 Kor 5:10 se: "Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad."
Kinders van die Here verskyn voor die Regterstoel en nie die Wittroon Oordeel nie.
Gebeurtenis 6: EWIGHEID
Hierdie was so mooi gestel vir my.
Leef volgens jou beloning verewig in die Teenwoordigheid of die Afwesigheid van die HERE.
As jy enige veranderinge in jou lewe wil doen of regmaak, doen dit NOU want sodra jy die ewigheid betree gaan daar nie meer tyd wees om dit te doen nie.
Ons is nou besig met die eerste dinge. Doen wat God jou gee om te doen in die stukkie tyd wat Hy jou gee. Dit sal bepaal wat jy in ewigheid gaan ontvang. Gaan dit LOON of STRAF wees. BELONING is die HEMEL en STRAF is die HEL!!!
WHERE WILL YOU BE!!!!!!
No comments:
Post a Comment